Oor ons
Oudtshoorn belasting-betalers en inwoners vereniging
Maak ‘n donasie
Word ‘n lid
Ons Storie
Ons vereniging is daargestel om die belange van ons dorpie se inwoners te beskerm en te bevorder. Ons streef daarna om ‘n sterker en meer verenigde gemeenskap te bou deur aktiewe betrokkenheid en samewerking. Ons is passievol oor die aanspreek van kwessies soos die buitensporige belastingtariewe wat deur die Oudtshoorn Munisipaliteit gehef word, en ons werk onverpoos om regverdigheid en deursigtigheid te verseker. Sluit by ons aan en maak ‘n positiewe verskil in ons gemeenskap!
Wat ons doen
Ons baklei vir beter belasting tariewe
Ons is passievol oor die aanspreek van kwessies soos die buitensporige belastingtariewe wat deur die Oudtshoorn Munisipaliteit gehef word.
Ons ondersoek die begroting
Om ‘n meer redelike begroting vir die hele Oudtshoorn te beding.
Ons baklei vir beter riool tariewe
AFRIFORUM het as gemeenskaps-organisasie sy kundigheid en vermoeëns ingespan om dit moontlik te maak om die saak in die Hoogeregshof te dryf en daar n geskiedkundige oorwinning behaal.
Ons baklei teen die vermorsing van fondse
Wees verseker dat die Munisipaliteit nie kan bekostig om daardie fondse wat nou verloor is af te staan nie.
Met jou hulp maak ons Oudtshoorn ‘n beter plek.
Sluit by ons aan en maak ‘n positiewe verskil in ons gemeenskap.
Ons dorp Oudtshoorn
Ons missie
Ons missie is om ‘n verenigde en veerkragtige gemeenskap te bou deur die belange van ons inwoners te beskerm en te bevorder. Ons streef daarna om regverdigheid en deursigtigheid te verseker, veral ten opsigte van die buitensporige belastingtariewe van die Oudtshoorn Munisipaliteit. Deur samewerking en aktiewe betrokkenheid poog ons om ‘n positiewe verskil te maak in die lewens van al ons dorpsgenote en ‘n beter toekoms vir almal te skep.